Hoor, Jiesraél, Yaauêh is ons Elohiem; Yaauêh is één!
Daarom moet jy Yaauêh jou Elohiem liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met al jou krag.
Yaauêh jou Elohiem het jou geseën in al die werk van jou hand; Hy ken jou trek deur hierdie groot woestyn; veertig jaar lank was hy met jou; geen ding het jou ontbreek nie.
Jy mag die Naam van Yaauêh jou Elohiem nie inhoudloos maak nie, want Yaauêh sal die een wat sy Naam inhoudloos maak, nie ongestraf laat bly nie.
Hy het jou verootmoedig en jou laat honger ly en jou die manna laat eet wat jy en jou vaders nie geken het nie, om aan jou bekend te maak dat die mens nie van brood alleen lewe nie, maar dat die mens lewe van alles wat uit die mond van Yaauêh uitgaan.
Wat eis Yaauêh jou Elohiem van jou anders, as net om Hom te vrees, in al sy weë te wandel en Hom lief te hê en Hom te dien met jou hele hart en met jou hele siel?
Geregtigheid, geregtigheid moet jy najaag, dat jy kan lewe en die land in besit kan neem, wat Yaauêh jou Elohiem jou sal gee.
'n Profeet uit jou midde, uit jou broers, sal Yaauêh jou Elohiem vir jou verwek; na hom moet julle luister, Hy sal aan julle sê, alles wat Yaauêh Hom beveel.
As jy dan goed luister na die stem van Yaauêh jou Elohiem, om sorgvuldig te hou al sy gebooie wat ek jou vandag beveel, dan sal Yahweh jou Elohiem jou die hoogste stel, en sy seëninge sal oor jou kom en jou inhaal as jy luister na die stem van Yaauêh jou Elohiem.
音楽のスタイル
Ambient organic, Uplifting, Warm, Medium tempo, Trombone, Male Vocals